Kom leer oor troeteldiere met 'n raai speletjie en afrikaanse rympies saam met Tannie Bianca. Ons leer ook oor kleure, vrae soos "Wat", "Hoe", "Wanneer", "Waar" en "Hoekom" en hoe om tot by 10 te tel!
Ons leer oor honde, katte, hase, hamsters, akkedisse, skilpaaie, slange, visse en papegaaie;
Ons leer die handgebare vir elke troeteldier; en
Ons leer die diere se klanke en aksies.
Diere geluide is 'n fantastiese manier om vir kinders woorde en spraak te leer. Hulle is meer geneig om belang te stel in diere en hulle geluide en woorde wat met diere geassosieer word. Die rympies is ook 'n oulike manier om vir hulle woorde te leer en die vrae stimuleer hulle belangstelling in wat hulle sien en natuurlike nuuskierigheid oor die wereld.
Vir gratis flitskaarte wat julle by die huis kan uitdruk oor die troeteldiere in vandag se episode stuur 'n epos aan [email protected]
Hoofstukke:
0:00 Inleiding
0:51 Hond Raai speletjie
1:49 Hond Interessante feite
4:38 Hond Tel tot 2
4:54 Hond Rolspel
5:11 Hond Rympie & uitspraak
5:29 Kat Raai speletjie
6:30 Kat Interessante feite
8:55 Kat Tel tot 3
9:12 Kat Rolspel
9:50 Kat Rympie & uitspraak
10:12 Haas Raai speletjie
11:09 Haas Interessante feite
13:53 Haas Tel tot 4
14:15 Haas Rolspel
14:36 Haas Rympie & uitspraak
14:56 Hamster Raai speletjie
15:57 Hamster Interessante feite
18:08 Hamster Tel tot 5
18:31 Hamster Rolspel
18:57 Hamster Rympie & uitspraak
19:17 Akkedis Raai speletjie
20:17 Akkedis Interessante feite
22:03 Akkedis Tel tot 6
22:26 Akkedis Rolspel
22:52 Akkedis Rympie & uitspraak
23:13 Skilpad Raai speletjie
24:07 Skilpad Interessante feite
27:12 Skilpad Tel tot 7
27:38 Skilpad Rolspel
28:10 Skilpad Rympie & uitspraak
28:31 Slang Raai speletjie
29:25 Slang Interessante feite
31:59 Slang Tel tot 8
32:20 Slang Rolspel
32:47 Slang Rympie & uitspraak
33:08 Vis Raai speletjie
34:00 Vis Interessante feite
35:47 Vis Tel tot 9
36:11 Vis Rolspel
36:38 Vis Rympie & uitspraak
37:00 Papegaai Raai speletjie
37:50 Papegaai Interessante feite
39:58 Papegaai Tel tot 10
40:26 Papegaai Rolspel
41:02 Papegaai Rympie & uitspraak
41:24 Ander troeteldiere
42:27 Vol Troeteldier Rympie
44:49 Tata sê
45:24 Subscirbe
_________________________________________________________________________
Welkom mammas, pappas en maats by Afrikaans is Pret! Vir interaktiewe Afrikaanse kinder liedjies, lesse en strories het julle die regte plek gevind. Ek maak nuwe videos elke week en probeer dit elke Vrydag oplaai so subscribe asseblief aan my kanaal sodat julle al my nuwe videos sien sodra dit uit is.
Julle kan my ook volg op my facebook (www.facebook.com/tanniebianca) of Instagram ( / tannie_bianca )
Afrikaans is Pret se fokus is op gesonde ontwikkeling vir kinders en om die taal, Afrikaans, te bevorder en hoog te hou met ons jeug. Daar is so baie wonderlike engelse kinder videos op Youtube, soos Ms. Rachel en Super Simple Songs, amper te veel om van te kies... maar vir ons afrikaanse kinders is daar maar min. Ek, as 'n mamma wat net die beste vir haar kind wil hê, het toe besluit om afrikaanse videos vir kinders te maak sodat ek ander afrikaanse mammas en pappas kan help om ons wonderlike taal aan die gang te hou en seker te maak ons kinders leer, speel en geniet Afrikaans... want... AFRIKAANS IS PRET!
Kom ons help mekaar om Afrikaans te bevorder!